Pipsqueaks kleuterskool bied aan u kind ‘n stim-ulerende en interessante omgewing wat sorgvrye spel bevorder. U kind se verbeelding word vrye teuels gegee en sodoende word kreatiewe idees, oplossings en benaderings gevorm en bemagtig u kind homself speel-speel. Die speelfase van enige kind se ontwikkeling is van kardinale belang. Die gesindheid en gesag van die ouerhuis word hier uitgebou en aangevul en so word ‘n tweede tuiste vir u kosbaarste besitting geskep waar hy of sy altyd belangrik is. Goeie interaksie met babas vanaf geboorte gee aanleiding tot kwaliteit ontwikkeling in alle ontwikkelingfases. Pipsqueaks spog met hulle eie baba-, kleuter en pre-primere afdeling, sowel as hulle eie Sport- en Musiek akademie.


  • Ouderdom 3 maande tot 6 jaar (graad 0)
  • Kleiner klasse met weeklikse temas
  • Stimulerende, versorgende en veilige omgewing
  • Gestruktureerde kurrikulum in ‘n huislike atmosfeer
  • Christen-gebasseerde onderwys
  • Sensoriese babaklasse en ‘n unieke stimuleringsprogram vir babas
  • Tweetalig
  • Kreatiewe denke, wiskundige oplossings en taalontwikkeling
  • Opvoedkundige rekenaarklasse en kreatiewe speelhoekies
  • Biblioteek
  • Musiek en drama sillabus en opvoedkundige kunsklasse
  • Teetuin in die koelte vir mammas
English / Afrikaans
Image
image
By Pipsqueaks spog ons met ons eie sport akademie. Ons fasiliteite sluit in ons eie mini netbal- en tennisbaan, sowel as ons eie mini rugby-, sokker- en hokkieveld. Opgeleide afrigters, wat spesialiseer in die...more
Image
Image
image
By Pipsqueaks glo ons dat musiek ‘n integrale deel van elke kind se opvoeding moet uitmaak. Kinders leer musiek ken en geniet saam die wereld van musikale klanke. Pipsqueaks bied deur middel van ons musiekaanbieding...more
Image
Dokumentasie
"DOWNLOAD" alle
DOKUMENTE

wat jy nodig het...kliek hier
Skool Ure

• Formele Program: 08h00 – 12h00

• Middagete: 12h00 – 13h30

• Slaaptyd: 13h30 – 15h00  • Versnappering: 15h30

• Buite speel: 16h00  • Pipsqueaks sluit : 18h00